Afrikaanse Kers | Land van Melk en Heuning
Home Fragrances

Afrikaanse Kers | Land van Melk en Heuning

R 395,00
In stock· Only 3 left

Afrikaanse Kers (land van melk en heuning). Wat presies beteken die land van melk en heuning? Vir my, as kind van afrika, maar meer spesifiek Suid-Afrika, is daar 'n diep betekenis. Die rykdom van verskillende kulture, ons magdom spesies wilde diere, die ontsettende uiteenlopende landskappe, van die beste wyn op aarde, karoo lamstjoppies, pap en sous, tortelduiwe, woolies, springbok rugby kampioene, wilgerbome, melktert, heuning, olywe, rassie, en natuurlik vir dricus. Ek het vir amper 20 jaar in die buitland gewerk, en elke keer wanneer ek huis toe kom, wanneer ek my eerste treë op die blinkgevryfde teëls van die lughawe gebou neersit, dan voel dit vir my of die aarde lewe kry. Asof EK lewe kry. Almal is vriendelik, almal maak grappies, almal is spontaan. Vir my is al hierdie lekkertes die melk en heuning van ons land, 'n land soos geen ander een op aarde. Ander lande sal nie verstaan nie, hulle ruik nie wat ons ruik nie! Steek aan jou kersie, hy ruik letterlik na melk en heuning! Produk Informasie • 300ml sojawas in wit "frosted" glas houer met 'n bamboes deksel wat seel om jou kerswas skoon en vars te hou • Brandtyd - ongeveer 50 hemelse ure • Handgemaakte sojawaakers, met trots vervaardig in Suid-Afrika Trots Suid-Afrikaans | Handgemaak | 100% Sojawas | Klein Hoeveelhede | Eienaar Bedryf | Handgemerk en Verpak

SA & international delivery · Shipping at checkout

Brink Of Touch

Made by

Brink Of Touch

More from this collection

You might also like